TUISBLAD


Darron Meyer
Tyrel Meyer
Inge Beckmann
Rob van Vuuren
Porteus Xandau
Francois Van Coke
André Roothman
BLOEDSUIERS - 'n g'n blink-in-die-son, spalk-skiet-en-donner vampier fliek!

NUUS

22.09.2011: NUUS! - Bloedsuiers ervaar 'n vertraging in die begin van amptelike produksie weens skedulebotsings met sekere ...


11.07.2011: Crowd Funding, Nuwe Lede tot die Rolverdeling en meer! - Opwindende dinge is besig om te gebeur in die land van die BLOEDSUIERS. In Junie, het ons die Crowd Funding ...




SO, WAAROOR GAAN DIT?

Ons is besig om iets te doen wat nog nooit vantevore in Suid-Afrika gedoen is nie - gehoorbefondsing. Die prinsiep is eenvoudig - ons skep 'n film vir jou die gehoor en ons benodig jou / julle deelname en hulp om iets asemrowends te skep. Asook iets waarvan elkeen van julle met trots kan se julle van deel was.

Deur julle hulp te beloof d.m.v. 'n geldelike bydrae, word julle deel van die gemeenskap wat filmmaak in Suid-Afrika rewolusioneer en 'n basis skep vir toekomstige filmmakers om films te maak wat julle graag sal wil kyk.

Wanneer julle 'n lid word, word julle unieke "username" en "password" gevoeg tot 'n reeks kompetisies, met pryse wat insluit musiekkonsert-kaartjies, eksklusiewe handelsmateriaal, aandetes saam met die film se akteurs, 'n kans om in die film en die amptelike musiekvideo te verskyn saam met die film se akteurs.

Lede sal ook toegang hê to eksklusiewe fotogallerye, videos, "downloads", "blogs", meer kompetisies en weggeepryse.

Dus, skakel dadelik in by die rewolusie en word deel van jou vermaaklikheidstoekoms.

PRODUK PLASING:
As julle 'n handelsmerk of produk verteenwoordig wat julle dink deel kan word van die film en julle wil graag saamwerk om 'n veldtog te skep wat beide julle handelsmerk/produk en die film kan bevoordeel, kontak ons asseblief by pp@bloedsuiersmovie.com

LUS VIR NOG MEER:
Hou waarvan jy sien? Wil jy meer as die maksimum beloftesbedrag bydra en addisionele voordele geniet?
Epos asseblief na more@bloedsuiersmovie.com

TUISBLAD NUUSFILM & ROLVERDELINGKONTAK

SITE DEVELOPED BY